Oudleerders help die atlete:     [Tuisblad]

Die Haaie kom terug! Hierdie drie oudleerders Johan Burger, Elna Hanekom (nee Burger) en Ramsay Carelse is almal betrokke by die atletiekafrigting van die Hoërskool Hottentots-Holland. Johan was gedurende 1970 die SA-rekordhouer vir seuns 0.17 en seuns 0.19 in verspring, 100 treë asook 200 treë. Die S.0.19 rekords gedurende 1970 was: verspring 24 vt en 4½ dm (7,57 m), 100 meter 10,9 sek. en 200 meter 23,20 sek.. Elna was gedurende 1969, saam met Heidi de Kock, die SA Kampioen vir hoogspring dogters 0.14 met 'n hoogte van 5 vt 7½ dm (1,72 m) en vir verspring was Elna se afstand 17 vt 1½ dm (5,8 m). Ramsay is die huidige senior SA kampioen vir hoogspring met 'n amptelike hoogte van 2,30 m en probeer nou kwalifiseer vir die Olimpiese Spele in Augustus 2008 wat in Benji sal plaasvind.