Anrich Visser    [Tuisblad]

Anrich Visser, graad 12-leerder (2008) van die Hoërskool Hottentots-Holland, het tydens die Kleuresport Atletiekbyeenkoms uitsonderlike prestasies behaal. Hy het 11 eerste plekke en 1 tweede plek behaal. Hy verbeter 5 rekords, onder andere die rekord vir 400 m seuns 0.17 van Christopher Rose wat al sedert 1968 staan! Die ou rekord was 53 sek. en Anrich se rekord is nou 51,7 sek.! Anrich se ander rekords vir S0.17 is soos volg: 800 m: 2:02,9 min., 3 000 m: 9:40,3 min., 110 m hekkies: 16,3 sek., 400 m hekkies: 57,1 sek.. Hy is dan ook die Senior Victor Ludorum van HHH! Saam met Anrich op die foto is Johandré Labuschagne. Johandré het tydens sy matriekjaar in 2004 (Anrich was toe in graad 8) 'n rekord opgestel van 10 eerste plekke, 1 tweede plek, 1 derde plek en 3 rekords. Dit was groot motivering vir Anrich om ook hierdie rekord te verbeter!